Toegewyd en tot jou diens.

Die Kanton bestuurspan beskik oor die nodige kennis en ervaring om 'n naatlose samewerking tussen kultuur en kapitaal te bewerkstellig.

Maak kontak

Uitvoerende direkteure

Henk Schalekamp

Besturende direkteur

Henk Schalekamp is die besturende direkteur van die Kanton span. Hy beskou homself as ‘n kulturele entrepreneur en is toegewyd tot die mobilisering van kapitaal vir die Afrikaanse gemeenskap deur die vestiging van ‘n vennootskap tussen kultuur en kapitaal.

Tjaart van der Westhuizen

Finansiële direkteur

As die finansiële direkteur van die Kanton span is Tjaart van der Westhuizen besonder bedrewe in die bestuur van Kanton se bates en die suksesvolle vestiging van finansiële bestuursdissiplines om pas te hou met Kanton se groei.

Francois van Vuuren

Direkteur: Eiendomme

Met 'n sterk agtergrond in die eiendomsektor is Francois van Vuuren die direkteur van eiendomme op die Kanton span. Francois maak ‘n reusebydrae deur die konseptualisering en effektiewe bestuur van eiendomsontwikkelingsprojekte.

Nie-uitvoerende direkteure

Louis van der Watt

Louis van der Watt is ’n eiendomsentrepreneur en medestigter van die Atterbury groep. As gevolg van sy uitgebreide ervaring in die eiendomsbedryf maak hy ‘n waardevolle bydrae in die Kanton span deur raad, wysheid en insig toe te voeg.

Stephan van der Walt

Stephan van der Walt is mede-stigter van Pallidus en ’n beleggingskundige met ongeëwenaarde ervaring in die wêreld van beleggings. Hy beskik oor waardevolle oorleg en insig, en ondersteun Kanton se beleggingsbeskouing op ‘n doelgerigte manier.

Flip Buys

As leier van die Solidariteit Beweging maak Flip Buys ‘n waardevolle bydrae tot Kanton se gemeenskapgerigte waardebepaling. Met deurdagte raad en aksie help Flip die span om ‘n blywende en betekenisvolle bydrae vir ons gemeenskap te maak.

Appie Pienaar

Appie Pienaar is ‘n kundige in die finansiële- en ouditsektor. As ‘n professioneel gekwalifiseerde GR dien Appie op ons ouditkomitee, en sorg hy terselfdertyd dat Kanton deurlopend gerigte en gesonde finansiële besluite maak.

Frik Dreyer

Frik Dreyer dien die Kanton span in ‘n dubbele hoedanigheid as beide ‘n bedrewe bedryfsingenieur en gesoute gemeenskaps- en burgerregteleier. Sy insette in Kanton help ons om ‘n toenemend naatlose vennootskap tussen kultuur en kapitaal te smee.

Lambert van der Nest

Met dekades van entrepreneuriese ervaring en as besigheidsleier vorm Lambert van der Nest ‘n onlosmaaklike deel van Kanton. Sy wysheid en kundigheid, gekombineer met ‘n onblusbare passie vir ons gemeenskap, maak hom ‘n geliefde en gedugte leier op ons span.

+27 (0)12 111 0107
navrae@kanton.co.za

Southdowns Kantoorpark, Blok C, Kareestraat 22, Centurion, 0123

Kanton Beleggings (Pty) Ltd