Bestaande projek

Die Plaashuis

Dinamiese en gebalanseerde studentelewe.

Sol-Tech en Kanton het op 23 Februarie 2024 amptelik die koshuis vir Sol-Tech-studente op die bouperseel in Monumentpark in Pretoria bekendgestel. Die eerste studente gaan vanaf Oktober 2024 in Die Plaashuis kan intrek.

Tradisionele waardes. Moderne geleenthede.

Die Plaashuis is 'n klipgooi van die Sol-Tech-kampus af en sal deur 'n veilige voetgangersbrug direkte toegang tot die kampus bied. Die Plaashuis waarborg 'n unieke en verantwoordelike studentelewe vol pret.

Saam met Sol-Tech se gehalte opleiding word 'n gebalanseerde leerervaring soos min gebied.

400

beddens

8 600

4

verskillende en unieke vleuels

R155 miljoen

koste van bouprojek

Bou saam aan 'n toeganklike, versekerde toekoms

Die Plaashuis het in ’n rekordtyd van ’n blote gedagte op papier in ’n tasbare realiteit verander – dit alles danksy Kanton se beleggers. Die vennootskappe tussen al die rolspelers was die sleutel tot die projek se uiteindelike sukses.

Raak betrokke

“Die stene wat reeds gelê is, is sprekend van die vennootskap tussen kultuur en kapitaal wat Kanton besig is om te smee. Kanton maak tans planne om aan die gemeenskap die geleentheid te bied om deur beleggings betrokke te raak. Die Sol-Tech-kampus en hierdie Plaashuis is die eerste tekens van die leefruimtes wat Kanton besig is om te skep."

Henk Schalekamp,

Besturende direkteur van Kanton

Wêreldklas fasiliteite

'n Verskeidenheid van fasiliteite vorm deel van die ontwikkeling, insluitende 'n kafeteria, waskamers, gimnasium, swembad, sportvelde, braai- en bomakuierarea asook die goed toegeruste deelkamers.

Unieke studentelewe

Studente kan uitsien na ‘n unieke Sol-Tech-studentelewe met hope studentepret soos sport, sosiale geleenthede, vonkfees, gemeenskapsprojekte en kultuurervarings.

'n Plek waar jy kan tuiskom en -voel

Die kampus en koshuis is naby hooftoegangsroetes (die N1 en R21), naby aan verskeie winkelsentrums (met kos- en klerewinkels, banke, dokters, apteke, restaurante, ‘n vulstasie en dienssentrums, gimnasium en dies meer).

Die toekoms van toeganklike opleiding

Die 400-bed-koshuis gaan met ‘n veilige oorstapbrug aan die kampus verbind word. Die eerste studente gaan vanaf Oktober 2024 die ruim deelkamers kan beset.

Kanton en Die Plaashuis:
’n vennootskap tussen kultuur en kapitaal.

Kanton Beleggings is gebore uit ’n behoefte aan ’n nuwe benadering tot finansiering en ondersteuning van Afrikaanse instellings. Die vennootskap tussen kultuur en kapitaal bevorder die kulturele doelstellings van gemeenskapsinstellings deur volhoubare leefruimtes aan hulle te voorsien.

As ’n volwaardige eiendomsbeleggingsmaatskappy strewe Kanton daarna om leefruimtes vir die Afrikaanse gemeenskap te ontwikkel en bied beide ’n finansiële en kulturele opbrengs aan sy beleggers.

Deel in hierdie dinamiese vennootskap. Lê stene vir 'n versekerde toekoms.

+27 (0)12 111 0107
navrae@kanton.co.za

Southdowns Kantoorpark, Blok C, Kareestraat 22, Centurion, 0123

Kanton Beleggings (Pty) Ltd