Bestaande projek

Sol-Tech

Vakmanskap vir 'n indiensneembare toekoms.

Sol-Tech is ‘n private beroepsopleidingskollege wat jongmense uitstekend vir hul toekoms voorberei. Kanton het die kampus ontwikkel en bestuur die fasiliteit winsgewend.

Gehalte onderrig - waar jy aan 'n seker toekoms werk.

Sol-Tech is op Christelike waardes gefundeer en gebruik Afrikaans as onderrigmedium.

Sol-Tech fokus op beroepsopleiding wat tot die verwerwing van nasionaal erkende, gehalte kwalifikasies lei. Die kollege se bekroonde wêreldklas kampus is in Monumentpark, Pretoria geleë en bied 'n unieke studente-ervaring.

11 500

17 jaar

se ervaring van beroepsopleiding

2 200

voltydse studente (en groeiend!)

Veelsydige kampus

Bestaande uit werkswinkels, klaskamers, kantore en ontspanningsareas.

'n Gemeenskap wat saam staan en saam bou.

Die Sol-Tech-kampus is ontwikkel deur middel van ’n vennootskap tussen Sol-Tech en Kanton.

Raak betrokke

“Sol-Tech as instelling was deur die gemeenskap gestig en behoort daarom 100% aan die gemeenskap. Sol-Tech is aanvanklik met R10-skenkings van Solidariteit-lede begin en sedertdien is meer as R50 miljoen se toerusting al aangekoop. Net soveel is ook vir studiehulp bewillig."

Dirk Hermann,

Uitvoerende hoof van Solidariteit

Goed gevormde studente

Sol-Tech fokus op die onderrig en opleiding van goed gevormde studente wat hul skoene vol staan op verskeie lewensterreine.

Raakvat onderrig

Sol-Tech se kwalifikasies rus studente uitstekend met skaars en kritieke vaardighede toe om studente indiensneembaar te maak.

Toekomsgerigte onderrigleermodel

Die unieke driefase opleidingsmodel verseker dat studente met 'n volwaardige teoretiese fondasie en praktiese werkswinkel opleiding uitstekend tydens hul indiensopleiding vaar.

Gevestigde instelling en fasiliteite

Sol-Tech lewer reeds vir 15 jaar gehalte ambagslui aan die industrie. Onderrig geskoei op deurwinterde waardes en slegs die nuutste beskikbare tegnologie wat in die talle werkswinkels beskikbaar is.

Kanton en Sol-Tech:
’n vennootskap tussen kultuur en kapitaal.

Kanton Beleggings is gebore uit ’n behoefte aan ’n nuwe benadering tot finansiering en ondersteuning van Afrikaanse instellings. Die vennootskap tussen kultuur en kapitaal bevorder die kulturele doelstellings van gemeenskapsinstellings deur volhoubare leefruimtes aan hulle te voorsien.

As ’n volwaardige eiendomsbeleggingsmaatskappy strewe Kanton daarna om leefruimtes vir die Afrikaanse gemeenskap te ontwikkel en bied beide ’n finansiële en kulturele opbrengs vir sy beleggers.

Deel in hierdie dinamiese vennootskap. Bou saam aan 'n indiensneembare toekoms.

+27 (0)12 111 0107
navrae@kanton.co.za

Southdowns Kantoorpark, Blok C, Kareestraat 22, Centurion, 0123

Kanton Beleggings (Pty) Ltd