Nuutste projek

Akademia

’n Vaste fondasie vir hoër onderwys in Afrikaans.

Kanton en Akademia span saam vir die ontwikkeling van ‘n nuwe wêreldklas kampus in die ooste van Pretoria. Met ‘n kapasiteit van 5 000 voltydse voorgraadse studente beoog die ontwikkeling om in 2028 sy deure te open.

‘n Nuwe horison vir die volgende geslag studente

Afrikaans as moedertaalonderrig is toenemend onder druk aan openbare universiteite dwarsoor Suid-Afrika. Daar is 'n groeiende behoefte aan 'n uitnemende hoëronderwysinstelling in Afrikaans soos Akademia.

Akademia staan gereed om in hierdie behoefte te voorsien met 'n wêreldklas hoëronderwysinstelling in die ooste van Pretoria. In noue samewerking met Kanton beoog Akademia om vir die eerste keer hul deure in 2028 op die nuwe kampus te open.

220 ha

kampusgrootte

5 000

voltydse voorgraadse studente

1 500

inwonende studente

Meer as R3 miljard

totale begrote ontwikkelings koste

Ons toekoms: belê, bewaar, bou.

‘n Belegging in die volhoubaarheid van 'n nuwe Afrikaanse hoëronderwysinstelling is tekenend van die voortlewendheid van ons taal, ons toekoms en wie ons is.

Toekomsbouer

“Studentelewe by Akademia het dit ten doel om 'n tuiste te skep waar studente se hart en denke geïntegreerd kan ontwikkel en ons is daartoe verbind om, soos reeds die geval is by ons kampusse in Centurion, ook hier in die ontwikkeling van volronde studente te belê."

Marthinus Visser,

Besturende direkteur van Akademia

Unieke kultuur en erfenis

Akademia se erfenis – sowel as hulle Christelike vertrekpunte, unieke kultuur en waardes – is vir die hele hoëronderwysgemeenskap ’n anker en ’n rigtingwyser.

Uitstaande onderrig en goeie opvoeding

Akademia se gehalte van onderrig en opvoeding stel studente in staat om internasionaal relevant te wees én ’n betekenisvolle rol in plaaslike gemeenskappe te speel.

’n Groeiende ideaal vir uitnemendheid

Akademia se uitbreiding sal ongekende potensiaal vir hoër onderwys in Afrikaans ontketen. Die ontwikkeling se verhoogde kapasiteit dra by tot volgehoue uitnemendheid op alle vlakke van die Afrikaanse samelewing.

Akademia - 'n studietuiste

Deel van die uitgebreide ontwikkeling sluit in wêreldklas fasiliteite vir verblyf, sport, sosiale en geloofsuitdrukking. Die kampus is doelgerig ontwerp om 'n dinamiese en gebalanseerde studentelewe te verseker.

Kanton en Akademia:
’n vennootskap tussen kultuur en kapitaal.

Kanton Beleggings is gebore uit ’n behoefte aan ’n nuwe benadering tot finansiering en ondersteuning van Afrikaanse instellings. Die vennootskap tussen kultuur en kapitaal bevorder die kulturele doelstellings van gemeenskapsinstellings deur volhoubare leefruimtes aan hulle te voorsien.

As ’n volwaardige eiendomsbeleggingsmaatskappy strewe Kanton daarna om leefruimtes vir die Afrikaanse gemeenskap te ontwikkel en bied beide ’n finansiële en kulturele opbrengs vir sy beleggers.

Deel in hierdie dinamiese vennootskap. Word 'n toekomsbouer.

+27 (0)12 111 0107
navrae@kanton.co.za

Southdowns Kantoorpark, Blok C, Kareestraat 22, Centurion, 0123

Kanton Beleggings (Pty) Ltd