Uitstekende werksvernuf. Uitnemende dienslewering.

Kanton se portefeulje van huidige en toekomstige projekte dui op ons bewese vermoë om effektiewe leefruimtes vir Afrikaans daar te stel deur die ontwerp, ontwikkeling en bestuur van eiendomme.

Raak betrokke
Nuutste projek

Akademia

’n Vaste fondasie vir hoër onderwys in Afrikaans.

Kanton en Akademia span saam vir die ontwikkeling van ‘n nuwe wêreldklas kampus in die ooste van Pretoria. Met ‘n kapasiteit van 5 000 voltydse voorgraadse studente beoog die ontwikkeling om in 2028 sy deure te open.

Sien die projek

Die Plaashuis

Dinamiese en gebalanseerde studentelewe.

Sol-Tech en Kanton het op 23 Februarie 2024 amptelik die koshuis vir Sol-Tech-studente op die bouperseel in Monumentpark in Pretoria bekendgestel. Die eerste studente gaan vanaf Oktober 2024 in Die Plaashuis kan intrek.

Sien die projek

Sol-Tech

Vakmanskap vir 'n indiensneembare toekoms.

Sol-Tech is ‘n private beroepsopleidingskollege wat jongmense uitstekend vir hul toekoms voorberei. Kanton het die kampus ontwikkel en bestuur die fasiliteit winsgewend.

Sien die projek

+27 (0)12 111 0107
navrae@kanton.co.za

Southdowns Kantoorpark, Blok C, Kareestraat 22, Centurion, 0123

Kanton Beleggings (Pty) Ltd