nuus-artikels

Word ‘n toekomsbouer: Bou saam aan Akademia se droomkampus

‘n Toekoms vol geleenthede: Die behoefte aan ‘n nuwe kampus vir Akademia

Afrikaanse hoër onderwys floreer en die vraag na Akademia se kursusse en opleiding groei vinnig.

Daarom het ons ’n kampus nodig wat aan hierdie toekoms kan voldoen –
ʼn spasie wat Akademia se groei akkommodeer, met moderne, goedtoegeruste fasiliteite en ’n inspirerende omgewing wat doelgemaak is vir ons Afrikaanse taal en kultuur.

Ons droom is dat hierdie kampus nie net aan studente ’n eersteklas ervaring bied nie, maar dat dit ’n simbool word van die Afrikaanse gemeenskap se geloof, durf en deursettingsvermoë.

Wat behels die Akademia-kampusontwikkeling?

Hierdie kampus gaan meer wees as net ’n plek van studie; dit gaan
ʼn dinamiese ruimte wees waar jong Afrikaanse denkers, leerders en leiers kan ontwikkel en groei.

Die kampus word ontwerp met gevorderde klaskamers, sosiale areas en
tegnologiese geriewe wat moderne leerpraktyke moontlik maak.

Dis ’n kampus wat leef en asemhaal saam met sy gemeenskap – die ideale plek om ’n nuwe generasie Afrikaanse denkers toe te rus.

Kanton se rol: Nóg ‘n leefruimte vir Afrikaans

By Kanton bou ons nie net geboue nie – ons skep ruimtes waar Afrikaans kan groei en floreer. As die ontwikkelaar van die Akademia-kampus bring ons nie net ervaring en kundigheid na die tafel toe nie, maar ook ’n passie vir die toekoms van ons taal en kultuur.

Die idee is eenvoudig: om ’n betekenisvolle vennootskap tussen kultuur en kapitaal te smee en sodoende ’n blywende leefruimte vir ons taal te bou.

Die Toekomsbouer-veldtog: Bou saam aan hierdie droom

Die Toekomsbouer-veldtog is meer as net ’n fondswerwing- of
Bewusmakingsveldtog – dit is ’n uitnodiging om as ’n Afrikaanse gemeenskap saam te staan en ’n daadwerklike verskil te maak.

Wanneer jy deel word as ’n Toekomsbouer, word jy ’n medebewerker van
die toekoms, iemand wat ’n aandeel in ons kultuur en jongmense se groei het.

Elke bydrae bring ons nader aan die verwesenliking van hierdie kampus en ondersteun die droom van ’n ruimte wat vír ons, déúr ons, gebou is.

Stap vir stap: Hoe ons hierdie kampusdroom gaan verwesenlik

Die Akademia-kampusontwikkeling is ’n groot projek wat oor verskeie fases afgehandel sal word om kostes en doelwitte verantwoordelik en volhoubaar aan te pak:


  • Fase 1: Grondwerk en ontwerp. Die basiese grondwerk en finale beplanning word gedoen, wat reeds miljoene rande verg.

  • Fase 2: Bou van kerngeboue. Dit sluit klaskamers, sosiale ruimtes en administratiewe geboue in.

  • Fase 3: Uitbreiding en afronding. Hier voltooi ons die kampus met bykomende geriewe en sorg dat dit gereed is om studente voluit te akkommodeer.


Ons pak elke fase noukeurig aan, met die gemeenskap se steun wat help om die droom ten volle te verwesenlik.

Saam vermag ons meer: Jou betrokkenheid is nodig

Hierdie kampus word ontwikkel en tot stand gebring vir en deur ons Afrikaanse gemeenskap. Gemeenskapsbetrokkenheid verseker dat ons ’n kampus vir Afrikaans kan skep sonder om van eksterne hulp afhanklik te wees of ons visie in die gedrang te bring.

Om ’n skenking te maak beteken om aktief te bou aan ʼn toekoms vir Afrikaanse hoër onderwys. Hoe meer ons as ’n gemeenskap saam beplan, bydra en bou, hoe groter die impak van die projek.

Skenk aan Akademia: Maak ‘n daadwerklike verskil

Met elke bydrae tot die Toekomsbouer-veldtog, bou jy saam aan die toekoms van Afrikaanse hoër onderwys en gevolglik, ons jongmense.

Jy help skep aan ’n leefruimte waar jongmense kan groei op ’n Afrikaanse kampus wat hulle identiteit beskerm en behou.

Elke skenking is ’n belegging in ’n onderwystuiste waar ons waardes, taal en kultuur lewend bly

Verskillende maniere hoe jy kan bydra

Ons het verskeie maklike skenkopsies geskep om seker te maak dat elkeen op hul manier kan help bou.


  • Eenmalige skenkings: ’n Eenmalige bedrag help ons om die eerste fases suksesvol af te handel.

  • Maandelikse bydraes: Deur ’n gereelde maandelikse skenking te maak, dra jy stelselmatig by tot die verwesenliking van die projek.

  • Erflatings en legate: ’n Geskenk ter ere van iemand wat Afrikaans koester, en wie se nalatenskap sodoende voortleef in die projek.

  • Gespesifiseerde of algemene skenking: Kies om jou skenking aan ’n spesifieke deel van die kampusontwikkeling te koppel, of gee ’n skenking wat Akademia die vryheid bied om dit aan te wend waar dit die nodigste is.

Raak vandag betrokke: Bou saam aan die toekoms van Afrikaans

Die Akademia kampusontwikkeling is ’n noemenswaardige stap na ’n toekoms waar Afrikaanse hoër onderwys floreer, en waar nuwe generasies voorberei word vir ’n wêreld vol uitdagings.

Besoek die Toekomsbouer-webblad, skryf in vir ons nuusbrief, en maak vandag jou skenking. Saam bou ons ’n kampus wat ’n vaste fondament vir die Afrikaanse taal en kultuur sal vorm – ’n toekoms wat jý kan help verwesenlik.

Skenk nou.

Deel hierdie:

+27 (0)12 111 0107
navrae@kanton.co.za

Southdowns Kantoorpark, Blok C, Kareestraat 22, Centurion, 0123

Kanton Beleggings (Pty) Ltd